Onthou…

Ek brEk bring vir jou ‘n lied
Soos wat ‘n sonbesie bied
Hoog, suiwer en aanhoudend
Vir louter in onthou…

My wense in ‘n ster wat verskiet
Onthou net…en geniet
Wees verseker wat was
Verdiep net met tyd

Onthou al ons luck
En 5th Avenue Cold Duck
Nie minder innig my wense vandag
Mag Godin seën jou omring

Ons brug-van-onthou
Maak dit maklik
Jy is hier…al is jy daar

(c) Hanneliese Oktober 2018

Verjaarsdag wense vir ‘n liewe vriend

Foto’s alleenreg van Wolfie Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements

Realm

Jy sJy sal nie weet…
vêr paaie wink
die onbekende bekende
gerustheid in die vreemde

My roep, roep jou saam
want drenteldrome, droom jy saam
sluimerend, in ‘n geestelike abyss

Draadvliegie darteldans,
en watervlooi gooi skotteljons
sonkastele onder maan
loer deur mistigheid gewaan
toorwoorde, maak samesyn draal

Jy mag dink ek is kens
so waaragtig my wens
van creamsoda drink
tot lagtrane pink
blousalie kardamom steranys
gherquila, die hele boksomdaais

My rykdom,
waar ek nie tred hou met tyd
keuses wyd, wag op ingewing
vir ewige belewing

(c) Hanneliese Oktober 2018

Eie foto’s

Wemmershoek en Piet-my-vrou

Gister eGister en laasweek het ek jou gehoor…jou roep gee hoop vir reën. Die klank van die Piet-my-vrou se roep vat my dadelik na Wemmershoek, die plaas waar ek groot geword het tussen Dullstroom en Lydenburg en waar my Pa steeds boer.

Die Piet-my-vrou se roep is ‘n aanduiding dat die somer reën oppad is. Die voël kan net sy roep laat weerklink wanneer daar vogtigheid in die lug is. Op die plaas klink sy roep só helder. Die Piet-my-vrou is ‘n skaam voël, nie maklik sigbaar en sit ook nie lank op een plek stil nie. Die voël is ‘n parasitiese broeier wat een eier op ‘n slag in ander voëls se neste lê om sodoende nie self die broeiwerk te doen nie. Hulle lê tot 20 eiers per broeiseisoen in verskillende kleiner voëlsoorte se neste. Hul eiers broei vinniger uit as die ander in die nes. Soms gooi die kuiken die ander eiers uit die nes of hy skuif die pasgebore kuikens op ‘n slim manier uit die nes. Die surogaatouers maak dan onwetend die Piet-my-vrou se kind groot. Die voël is poligaam, met ander woorde hulle het verskillende maats gedurende 1 broeiseisoen. Die Piet-my-vrou se roep, net soos die Sonbesie se skree, is sinoniem met my grootword tyd op die plaas.

Die blomme van die Koningin van die nag kaktusplant is ook ‘n aanduiding dat reën in die lug is. Agter die hoenderhok op die plaas staan hul geil. Die pragtige spierwit blomme gaan gedurende die nag oop en begin verwelk sodra die son se eerste strale oor hul val.

Wemmershoek Wemmershoek…hoe onbevange was die plaaslewe tydens my kinderjare in vergelyking met vandag…Soos ek ouer word besef ek almeer mens moet waardeer wat jy tydens jou kinderjare beleef….plaaslewe is ‘n belewenis wat nie vir almal beskore is nie.

Inligting vanaf die Internet, asook foto van die Piet-my-vrou en Koningin van die nag. Ander foto’s is my eie van Wemmershoek.

(c) Hanneliese Oktober 2018

Flirtasie met ‘n pynappel

20181008_1621201099503530.jpg
Pynappel in die oggend, deur die dag, in die aand…ek kry net nie genoeg van pynappel nie!! Dit het my aan die dink gesit.

Die vrug het sy naam te danke aan ‘n misverstand deur Christopher Colombus in 1493 op die Karibiese eiland Guadeloupe. Sy gedagte na sy eerste aanblik van ‘n pynappel was dat die vrug soos ‘n dennebol lyk, aangesien albei ‘n stekelrige voorkoms het. Hy noem toe die vrug ‘pina’, die Spaanse woord vir dennebol. Spanjaarde het die onderskeid tussen ‘pina’ en die ware jakop getref. Die Engelse het ‘apple’ bygevoeg om dit te assosieer met sappige verruklike vrugte. Dit verklaar ‘pineapple’. Ek kon nêrens raaklees wat ‘pynappel’ verklaar nie en neem maar aan ‘pyn’ hou verband met die stekelrigheid.

Suid Amerikaanse Indiana het die pynappel ‘ananas’ genoem, wat basies beteken ‘geurige puik vrug’ en wat later die basis van die botaniese naam geword het naamlik Ananas Cosmosus ‘n lid van die Bromeliaceae familie.

Columbus was so beindruk met die vrug dat hy dit saamgeneem het na Koningin Isabella van Spanje. Daarna het pynappels baie gewild geword in Europa. Omdat daar nog nie baie lekkers in daardie tyd beskikbaar was nie, het pynappels die mens se lus na lekkers bevredig. Koning Charles, die tweede van Engeland, het ‘n offisiële skildery van homself laat skilder wat gedien het as simbool van koninklike voorregte – om ‘n pynappel as koninklike geskenk te ontvang. Pynappels het ‘n simbool vir gasvryheid en rykdom geword in Europa en Asiatiese kulture. Chinese van Suidoos Asia glo steeds dat die pynappel ‘n simbool van welvaart is.

Die Spanjaarde het pynappels aan die Fillepyne bekendgestel en het dit waarskylik vroeg in die 16e eeu na Hawaii en Guam geneem. Indiane het die plant verbou in die droë hooglande van Brazil en Paraguay. Daarvandaan het dit versprei na ander dele van Suid Amerika en die Karibiese Eilande. Vroeg in 1660 het pynappels Engeland bereik. Gedurende 1720 is begin om pynappels in kweekhuise te groei. Nuwe plante is verkry van die wilde variteit wat appel grootte vrugte gedra het met sade in die kern en die vorm van ‘n dennebol gehad het. Gedurende die 17e en 18e eeu is die pynappel verfyn na die vrug wat ons vandag ken.

Indiane het pynappels met feeste bedien tydens stam ooreenkomste. Behalwe vir die vrug se geurige soet smaak en vir die maak van wyn, het dit ook medisinale voordele gehad. Baie goed vir vertering en die kern is geneem vir maagpyn. Vrouens het die pulp as velreiniger aangewend om hul vel tekstuur te verbeter. Soldate het wonde met die pulp behandel om genesing te bespoedig. Skeepvaarders het gesorg dat daar altyd pynappels aanboord was. Weens die groot hoeveelheid Vitamiene C het dit skeurbuik op die lang seevaarte help voorkom. In Ghana is die skil gekook in water en die aftreksel is gedrink teen geelsig, artritis en hooikoors. Gekonsentreerde hoeveelhede is gebruik om liggaamshare te verwyder. Die bromelain in die vrug hidroliseer proteiene, die keratien in hare.

Van Riebeeck het die eerste pynappels in 1655 na Suid Afrika gebring. Gedurende 1860 het pynappel verbouing in Natal begin. Suid Afrika het die hoogste pynappel gebou in die wêreld buite Bathurst in die Oos Kaap. Boere wat daar gevestig het in die 18e eeu het gesukkel om suksesvolle oeste te verbou totdat hulle pynappels begin plant het. Om die vrug te vereer het die plaaslike boere die pynappel gebou opgerig in die vorm van die vrug. Die 3 verdieping gebou is tans ‘n museum toegewy aan die vrug. Pynappels is ‘n tropiese vrug wat goed aard in ‘n vogtige warm klimaat. Vanaf plant tot blomstadium neem 6 maande en dan 20 tot 24 maande vir die vrug om te vorm wanneer dit gepluk kan word.

My aanhoudende lus vir die soet, geurige, uitstekende ananas….miskien wil my liggaam my iets vertel?! Die pynappel se voedingswaarde is asvolg:
Vitamine C, B1 en B6
Koper
Tiamien
Bromelain, ‘n ensiem wat proteiene help afbreek en sodoende vertering verbeter
Mangaan wat osteoperose kan help voorkom na die menopous by vroue
Antioksidante wat die immuunstelsel versterk
Goed vir die bou van sterk bene
Vesel wat baie goed is vir die spysverteringstelsel
Alhoewel die vrug baie soet is, is dit laag in kaloriëe
Pynappels bevat ook serotonien wat ‘n bestanddeel in eetlusdempers en antidepressante is

Die stekerige blare van die pynappel wat baie mense afsit van die vrug, is vir my sooo mooi. Ek kry nie reg om dit weg te gooi nie. Ek plant dit, droog dit of sit dit tussen my kruie en kabouters. Dit voel kompleet of ek ‘n verhouding ontwikkel het met ananas…😉


Die foto’s is my eie en die inligting het ek op die internet uitgesnuffel. Dalk nie nuus of interessant vir ander nie, maar ek het die ekskursie geniet.

Groetnis

Mythos(poëtiese sprokie)

ek stap deur my woorde
in vele kruip jy weg
wie is jy?
weet jý?

ek sou jou kon huisves
in die kamers van my hart
sou jou kon nestel
teen die warm van my bors

jou intensies, koelbloedig
verwarrend, wis jy nié
jy het getuimel
tot binne myself?

jou spore loop dood
ek gee op, gee oor
jou skaduwee bly
gesilhoeët in my gees

(c) Hanneliese Oktober 2018

Prentjie vanaf die internet

My taal

Holderstebolder
Snuisterye bo die solder
Verstrengel in spinnewebbe

Katryntjie moggetroffe
Wis sy watter geweste
Die katroffeltjie se wense
Deur die orreltjie draai?

Voëlverskrikker kruip weg
Hadidaaa…voor op die wa
“Bang-jy-daaa”
Hamerkopnes, dáár is die blikkantien
Tintinkie, kieriebeentjies
Die hele swetterjoel
Soveel veer te verweer
Mens, jy is poedelkaal!

Wat maak hanswors?
Hy speel blikaspaai

Lawwe woorde verweef
Vir die mooi van Afrikaans!!!

(c) Hanneliese Oktober 2018

Collateral Beauty

We all want love and time, that death can take away…

naak, het ek voor jou gestaan
my gevoelens intensies begeertes,
weerspieël in die vensters van my siel
ek het na jou gekom
myself gebied
jy moes net reageer

ek wou deel wees van jou wees
raak aan jou hart, en
ook al die res
wyl jou gees kaalwas
blinddoek jy die vlees
gee niks van jouself

selfvolvuld en selftevreë
in kleindood
sou ek kon wees, saam met jou…

solitaire, wantwát
is die liefde dan sonder
kommunikasie van die vlees…

(c) Hanneliese September 2018

Collateral=something pledged to be forfeited in the event of default.

Collateral beauty=the bright side of something.

Love transcends time and death. In death there is love and in time there is no death…we are all connected…where there is no beginning and end…what i have gained from this…there is no words…

Konvokalante

my digtershart vibreer,
skandeer,
woordfrases roep:
‘gee ons lewe!’

soos ‘n eggo, slaan hul vas
teen wande van glas, en
versplinter, hul orde verlore

‘n warboel van klanke
konsonante dans
vokale gee ritme, helaas
verlore gaan die wals

weet,
ontneem die peruet
woorde bly stom, vir
muse het ontkom

(c) Hanneliese Augustus 2018

Illustrasie vanaf internet

Van onthou…

maar net ‘n sekelmaan
teen die middernagblou hemelruim
maak deel van ‘n veel groter prentjie,
soos ek nou dink

van sit in donker ruimte
sigaretrook draal
reëndruppels vertak teen ruite af
woorde meng, hang lig, en
skimme van weleer groet


die spook van Cullinan
die tuin van geeste
die stasie se feeste
met net poppe as passasiers, en
volmaan wat loer

die geheel van onthou
begin soms by iets kleins, dog Groots
(soos dit hier blyk)
die streepbogie van Maan

(c) Hanneliese Augustus 2018

Foto’s alleenreg van Allen Simpson en Hanneliese Bredell