Moeder Natuur

waar pas ek,

in Jou uitspansel in

Jou wêreld vol mooi

Jy word my tweede vel

my asem

Jou Fauna verruk my blik

maar Jou Flora

-is my glorie-

dís wat my hart raak

Majestieuse bergreekse

en uitgestrekte vlaktes

(oor berge en dale)

die feërieke misgordyne

(soos verleidelike lingerie)

bedwelmd vir my

-Jou skoonheid-

bome getooi soos bruide

en riviere,

rustig op die oog

musiek vir my siel

Moeder,

Jy is vreugde en vrede vir my

(c) Hanneliese Mei 2018 Foto’s kopiereg van Hanneliese Bredell

Advertisements

8 thoughts on “Moeder Natuur

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s