Weduwee

Ek weet,
die seer skeur tot in jou siel
lê soos lood op jou bors

Golwe van verdriet sleur jou mee-
laat dit toe
jy moet rou, om te heel

Vou die treurkaros styf om jou, gee oor
dit verbrysel jou hart, steel jou asem
maar bring ‘n reënboog
tot die volgende storm…

Mag mooi herinneringe,
jou seerverlange met tyd versag en
trane jou gemoed skoonspoel,
wanneer nodig

(c) Hanneliese Mei 2018

Opgedra aan alle weduwees. Ondervinding kweek empatie….geinspireer deur die dood wat ‘n vriendin se minnaar kom steel het…

Foto vanaf die internet

Advertisements

3 thoughts on “Weduwee

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s