Soms…

Soms sny die hunkering deur my…

Om te behoort,
in die binnekamer van ‘n hart
in die holte van ‘n wese
die polsslag van;
jy is myne…

Dis dán wanneer my muse lewe kry,
word woord fantasië geskep
hunkerende verlang na die borduur van liefde
deur lyne van die lyf

Lewende gevoelvolle vlees
ontsnap uit sluimering
golwende ekstase bruis, en
rol uit as volvulling

Om te kan bemin;
uitruil van siele, wat
blom van oorvloedige betuiging, van
liefdessonstrale soos magiese reën

Om te kan bemin;
gee jou siel lewe…
20200208_080613-11244078537.jpg
(c) Hanneliese Februarie 2020

9 Februarie 1980…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s