Alda

Liewe buurvrou

Die onbekende wat voorlê
laat die gedagtes galop
voortdurend wonder…

Soos stofspoortjies wat dans
in ‘n ligbaan van die son
wat nooit ophou skyn…

Soos miertjies wat op en neer dartel
ewigdurend kos voorraad aanvul
net nooit ophou swoeg…

Soos mossie wat onverpoos nessies vleg
keer op keer
wees wyfie tog net tevree…

Soos swaeltjie wat seisoen na seisoen
sy huisie verlaat
sweef op lugstrome vir hitte onder vlerk…

Onvermydelik gaan Moeder Natuur haar gang
so ook gedagtes
dit hou onverpoos aan
kan dit nie hokslaan…

Soos sop eet met ‘n vurk
jellie teen ‘n boom vasspyker
die onmoontlike…

Jy het ‘n wils-besluit geneem, jou rug so los of die geleentheid vir beter aangryp en ervaar watter positiewe en beter uitsigte bring dit vir jou en jou mense om jou mee.

Verandering lei beslis na ‘n nuwe en beter plek, al voel mens onseker. Vertrou jouself en glo in jouself en jy sal enige situasie kan baasraak en oorkom.

Liberace-“Nobody will believe in you, unless you believe in yourself”

Ken jy die boek “Who moved my cheese” deur dr Spencer Johnson? Dit gaan oor verandering en besluite neem. Dis soos ‘n emosionele en fisiese reis deur ‘n doolhof (labyrinth) Twee karakters in die boek is Hum en Ha. Hum kon nie besluit nie en het altyd net die donker ervaar terwyl Ha vooruit gegaan het en positiwiteit ervaar het. Jy is nou Ha…die besluit vir die operasie is geneem en jy gaan net voort huppel 🤗

“A labyrinth is an ancient symbol that relates to the wholeness. It combines the imagery of the circle and the spiral into a meandering but purposeful path. It represents a journey to our own center and back again out into the world” (mooi beskrywing nê)

Met my woordekrabbel wil ek maar net sê dat jy moet probeer om jou gedagtes te dwing na die positiewe na die operasie. Makliker gesê as gedaan weet ek, maar net sodat jy weet omdat ek omgee en jou vriendskap koester, wil ek jou graag ‘n positiewe woorde hupstootjie gee om in jou gedagtes saam te dra en sien saam met jou uit na die tyd wat jy weer kiertsregop al daai “eendag” drome gaan volbring.

Liefde
Jou vriendin anderkant die draad

(c) Hanneliese Maart 2020

Ter ondersteuning aan my buurvrou

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s