Boomsiele

Wat sou jy kon vertel
hier en nou,
dat jou siel ingekleur is
geel oranje rooi blou
dat jou siel smag na meer

dat die holte van jou wese
dors na wat was
dat dorheid jou laat verstik
maar groenonthou sypel deur?

enigmaties jou bestaan
eens domein vir gevlerktes
heilige sfeer vir menslikepsige
jou verstrengelde vertakkings
troostend en wyse
“klein katedrale van die veld”

Ek hoor jou fluister,
ek hoor jou sug;
“My wortels was diep
maar dit was nie genoeg…”

(c) Hanneliese Maart 2020

Eie foto-op Weimershoek geneem

Met apologie aan die ekoloog Dave Pepler en Marietjie Coetzee, metgesel van die Fluisterboom (wildevyeboom) op Albertinia, een van die tien dikste bome in Suid-Afrika en ook op die lys van ons land se kampioenbome.

Die tragedie agter ‘tree huggers’:

Die oorspong kom uit die verre Indiese verlede na 1730. ‘n Indiese prins, ‘n maharaja, wou vir hom ‘n nuwe paleis bou in ‘n afgeleë gebied buite die dorp Jodhpur waar ‘n sektegroep natuurliefhebbers en -aanbidders, die Bishnoi-mense, gewoon het.

Die maharaja het opdrag gegee dat van die eeue oue bome afgekap moet word om plek te maak vir sy nuwe paleis. Amita Devri en ander vroue uit die gemeenskap het in ‘n vreedsame protes en met doodsveragtende dapperheid hulle arms en bene om die bome geslaan. Hulle moes die hoogste prys betaal: Die boomkappers het altesame 353 vroue saam met die bome afgemaai voordat die maharaja opdrag gegee het om die bloedbad te staak

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s