aide-mémoire

soms skryf ek laaang briewe
vir jou in my kop
maar die ink verdof weer,
telkemale opnuut…

mymerend
jou siel skaaf my wees
kerf aan onthou
wandelend deur groewe
verbysterend helder

klots klots
rippelend
walletjies kring uit
vorm ‘n kom
vullend tot die brim
stort oor, en
syfer weg….

(c) Hanneliese Julie 2020