Leah

Ouma se poppie;
soos ‘n pienk roosknoppie
ontluik jy in jou mammanessie

Ons almal staan opwag
jou koms, ‘n blye afwagting
-klein liefdelyfie-
ons wag, om jou óp-te-bederf

Pappa Lucky woel en werskaf
met elke mamma Lolla opdrag
om jou blyplekkie tuis
spiekeries-eksie-perfeksie,
te organise

Wyl mamna koesterend,
die wonder van jou groei ervaar
trap jy alklaar, klein mensie,
jou spoortjies binne ons harte

(c) Hanneliese Julie 2020