Toekie

My vriendin van goud
Vir my word jy nooitnie oud
Jou helder, glimlaggende gelaat
Sal nooit my onthou versaak

Buurvrou van weleer
Word vriendin om te eer
Mag jou komende jare op aard
Met vreugd bly gaan gepaard

Jou dag om te geniet
Daar ver in die verskiet
Mag die mooi blou seegolwe
Jou menswees omdolwe
(Ter herinnering, jou menswees straal)

Soos jy diepspit met warmte
Nestel jy telkens in harte
Bind jy vriendskapsbande
Van Daspoort, tot Kaapse strande

(c) Hanneliese Julie 2020

Lekker verjaar liewe maat 🎈🎉🎵🎁
Ons vriendskap is kosbaar, baie dankie