Gletsers

Vasgevang;
-soos die blare onder ‘n yslaag-
is paaie onder ons voete gestap
die gletsers van ons lewens

Saam gebondel;
-die onthou-
(al wil jy vergeet)
soos asem, deel van jou bestaan

Ontvlugting;
-jou keuse-
moenie gedagtes ophok
laat hulle ontsnap

Steeds;
-soms verdwaal ons-
(for better or worse)
op voosgetrapte onthou…

(c) Hanneliese Julie 2020