Rhinocerotidae

Ou kollos;
ons misken jou temperament
hoe kon ons wis
jou bui bepaal?

Jou groteske lyf,
pote soos dikke stompe
geen “welkom” te bespeur
jou houding vertel: “weg voor my”

Respek;
ons wagwoord, wat
ons afstand bepaal
jou domein, betree ons nie

Wat ‘n wonder jou logge lyf
heláás, die hartseer so fel
ontneming van jou karaktertrek
verseker jou voorbestaan bowenal

(c) Hanneliese Julie 2020