quam minimum credula postero

soms,
(soos vandag)
voel ek verneuk deur die lewe…

iemand om mee saam te lag
nonsens te praat
‘n onverwagse
“ek is tog lief vir jou”

rooiwyn voor ‘n vuurtjie
bespiegel oor langverlee
giggel oor jonkwees geheime

hand aan hand
vryfie hier
soentjie daar

bring die besef opnuut:
lewe vandag soos geen ander
die hier en nou
kan niemand verseker…

(c) Hanneliese Julie 2020