My Go

ek rangskik;
my gedagtes in woorde, en
gooi dit in die buitensteruim

sodat jy dalk
miskien
my raak lees
waar jy ookal dwel

môre is jy 63
en wen my weer
vanaf ’77

Appel;
gemaak vir my
gegroei kindwees gelouter
tehuis troep
bestemaat lover trougesweer
(kortgeknip)
-vir my-
my Go

ons kids;
die beste Appels
sien jy, my Go
ons kleinste Appeltjie?
wonderbaar!!!

weet jy, my Go
jy nestel steeds in my hart
vir 43 jaar…

(c) Augustus 2020